Hoeveel keer het ek dit al geskryf.

Ek skryf dit nou seker al vir die soveelste keer, miskien die derde of vierde keer. As ek down is, en ek doen werk aan die app voel ek beter daarna. Het nou net bietjie aan Meatrite se app gewerk, net die produkte opgesit, en ek is sommer uit die down uit wat ek was. Voel net beter. Waneer gaan ek in my kop kry, dat dit is wat werk.

Dis moeilik om jouself te motiveer as jy weet dit kan verniet wees, maar kom net aan die gang, een van die dae vat iemand jou app en dan is jy op ‘n nuwe vlak.

En’n ander ding wat ek net nie wil leer nie, is Woord spreek. Dinge gebeur net as ek dit doen. Ek kry net wysheid, ek voel net beter. Kry net nuwe idees. Doen dit!

Published by

carelkat

Is maar net ek, Carel Venter. Skryf maar net so nou en dan, en meer. Skryf maar net oor alles in my lewe. Op die stadium nie veel nie. Grootste ding in my lewe nou is my app wat ek gebou het, en nou hoop om te bemark.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *