Ja is vandag sewe en veertig jaar oud. Waar gaan tyd heen. Wat het van my lewe geword. Wat gaan van my lewe word. Ek weet wat gaan van my lewe word. Is nog tyd oor, en gaan dit maak, voor ek vyftig is, voor die einde van die jaar gaan ek klaar ding verander het. Niemand by die werk agter gekom ek verjaar nie. Sal hulle môre sê, dalk voor ek loop. Net so voor toemaak tyd hierso. Deur al halfpad. Wil net huistoe gaan. plek mooi gaan skoonmaak vir Nien Pien se koms môre. Ook ietsie eet. Die Here is goed.
Sal moet diep krap om te sien waar moet ek verander, waar moet ek begin. Sal openbaring gou kry daaroor. Glo dit. ook oor hoe om dit te verander. Hoe gaan ek hierdie ding uit my kop uit kry? Hoekom spreek ek nie meer Woord nie, ek weet dit werk.
O ja , wat wou ek kyk? Ek wou kyk presies of ontrent hoe oud my pa was toe hy oorlede is, so vyf en veertig jaar en paar maande. So ek was al laas jaar ouer as hy.