So gaan dit werk.

En dit gaan, dis nou maar wors. Maar wag voor ons daar kom, dink dis die eerste keer in Julie dat ek skryf, so ek sal moet iets post, voor die maand om is. Tyd vlieg.  Môre verjaar ek, net nog ‘n rede om te sê: tyd vlieg.Sukkel die laate drie weke met ‘n spinnekop byt. Kan dalk ‘n rede wees hoekom ek nie juis die maand lus was om te skryf. Die ding is nie lelik nie, het hom mooi gekeer, maar ek dink dis tyd dat ek die ding begin oop los, hy kan nie so toegeplak (met pleister) bly nie. Dit krap net alles om. Moet ook nou ietsie drink vir die pyn die hele tyd, wat ek nie wil doen nie.

Die ding maak my ook nie baie lus om aan die app te werk nie, inteendeel, die hele affêre het my net mooi lus gemaak vir niks nie. Sit net en flieks kyk die hele aand tot ek moet gaan slaap. Maar snaaks, ek het ‘n mooi ding aan die app reg gekry in die tyd, nogal vreemd.

Bly ek kon darem ietsie skryf, moet net aan die gang kom elke keer. So het ek ook weer agter gekom met die app. Het hom so gekry dat ek op die foto kan click en dan word hy (die prentjie) groter.

Published by

carelkat

Is maar net ek, Carel Venter. Skryf maar net so nou en dan, en meer. Skryf maar net oor alles in my lewe. Op die stadium nie veel nie. Grootste ding in my lewe nou is my app wat ek gebou het, en nou hoop om te bemark.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *