Ek voel bad, baie bad, maar ek leer nie. Sal maar net more moet reg eet. Of jy hoef nie heeltemal re te eet nie, moet net nie so heeltemal sleg eet nie. Geniet nog steeds bietjie Donderdae, maar moet net nie oorboort gaan nie. Vat dit net easy. Hou op om jou te oorvreet op dae wat jy nie vas nie. As jy dit kan reg kry sal jy goed wees. Dan kan jy nog steeds eet wat jy wil. Wraps en pasta en so aan. Dan gaan jy ook nie sulke moerse hoofpyne kry en so kak voel op dae wat jy vas nie.
Jaco Rossouw kom nou hier aan. Gee my ‘n pakkie droë wors. Wou dit eintlik vir Sakkie gegee het, maar om een of ander rede besluit hy toe om dit vir my te gee. Gaaf van hom.
Dis nou Sondag en ek weeg so amper vyf en tagtig kilogram. Ek moet net nog vyf permanent verloor, dan is ek sharp. Dink ek moet bietjie hierdie week vasbyt met ‘n stywe low carb en vasting. Net weer onder tagtig kom.
Jy het nog twee keer se lieg oor vir Desmond. Net twee. Dit het niks met selfbeeld of selfrespek te doen dat ek vir hom lieg nie, maar oor sy houding. Hy voel ‘n fok, aag nee sy gat man, meer daaroor volgende leer.
So by the way nou weer die Sondag my goed gevreet. Sal maar môre weer begin low carb, verseker. Nou groter probleme, ek moet van die pille afkom. Gou ook, maar ek is bly ek het die openbaring gekry oor wat fout is met my.