Dit verander nou.

Die vas werk, maar die vas werk ook nie. So ek sal daar moet verander. Die vas werk, ja ek verloor gewig, en kom onder tagtig uit, maar dit werk ook nie, want ek gebruik dit vir verskoning om niks te doen in die aand, en dit gebeur dan twee keer ‘n week.So ek sal onder tagtig moet uitkom, wat ek nou is, so ek sal hier moet bly, en dan sal ek moet bly op die low carb. Nee ek hoef nie, ek moet net nie die dae wat ek kan eet, my oorvreet nie. So maklik soos dit.

Ek kan nie glo ek battle so met klein goed nie. Ek dink dit is die verandering wat op pad is wat dit doen. Dit is die verandering wat op pad is wat my so traag maak. Hoe gaan ek die verandering omhels, “embrace” soos die Engelse so mooi sê. Ek is nie bang vir die verandering in my lewe nie. Ek sien uit daarna.

Dit is so naby, maar ek maak dit so vêr. Dit is net hier om die draai, maar ek maak van dit so ‘n moerse issue. Dis net een ding wat sal gebeur, en ek maak vyftig grand ‘n maand. En dan nog ‘n klein ding en ek maak honderd ‘n maand. En ek stel uit en uit. En het verskoning op versoning. Ek wil tog net nie hê dit moet gebeur nie. Ek is tog so bang my lewe moet verander.

Wel dit is op ‘n einde. Dit is nou op ‘n einde. Ek is glo dit. Ek gaan hierdie kop verander. Dit is sommer kak hierdie way van dink van my. Sommer stront. Ek sien uit na die verandering wat in my lewe gaan gebeur. Niemand gaan dit keer nie, veral nie ek nie.

Published by

carelkat

Is maar net ek, Carel Venter. Skryf maar net so nou en dan, en meer. Skryf maar net oor alles in my lewe. Op die stadium nie veel nie. Grootste ding in my lewe nou is my app wat ek gebou het, en nou hoop om te bemark.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *