Dit kan nie God wees nie, dit is nie Hy nie, dit is ek. Dit kan nie God wees dat ek so arm is nie. Dit is die een of ander ding in my onderbewussyn. There is no way wat God dit aan ‘n mens wil doen. Of aan ‘n familie vir daai matter, as jy in ag neem dat dit net so met Nina en Coenie en Derick gaan. Dit is ‘n mentaliteit ding, ek glo dit vas. Maar sê ek nie nou in soveel woorde dat God dan nie magtig is nie? Nee dis nie wat ek sê nie.
Luister mooi wat ek bo sê, ek sê nie daar is nie ‘n God nie, wat ek wel sê is dat God straf en besluit nie oor ‘n mens nie. Of doen hy? Maar nou weet ek nie meer nie, want as ek dit sê, sê ek ook daar is nie ‘n God wat kan wonders doen, dan is al die versies wat ek opsê verniet. En dit kan nie wees nie, want dit glo ek. Ek glo hy gaan ‘n wonder doen in my lewe.
En wat dan van al jou drome en visioene, waar kom dit vandaan? En waar kom my kennis vandaan?
As God ons dan straf, my, Nina, Coenie en Derick. Wat het ons gedoen, en wat moet ons doen om uit die straf uit te kom? God straf ons nie, kry dit uit jou kop uit. Dit is plainweg swak selfbeeld wat ons presies sit waat ons dink ons moet wees, waar ons beeld van onsself ons sit.
Here, ek is jammer dat ek ooit daar gaan. Ek weet U is ‘n God van liefde wat sal help om uit hierdie gemors uit te kom. Ek weet U kan, ek wag op die vervulling van U Woord. Ek weet die tyd is naby.
Here wat doen ek dan verkeerd? Wat is dit? Hoe gaan ek dit verander? Waar gaan ek begin? Moet ek met die local ouens begin? Die Bakhuis, Buiskop, Meatrite (per produk), en wat het geword van Spiff Chicken. Miskien moet ek dit my aim maak om daai drie op te kry teen twee ‘n maand en Meatrite teen produk. Of dalk Spiff ook teen produk. En dan is daar Chester ook.
En niks is ook verlore as dit kom by Sunbake, Sasko en Albany ook. Al vier daai groot brood ouens is nog oop. Sunbake het die vrou net kortpad gevat. Ek sal haar wys. Alles werk ten goede mee vir my wat God liefhet.
Ek het vandag weer gesien, dit is nie God nie. Hy soek net wat goed is vir my. Dit is ek en twyfel. Prys die Here. Daar is hope wat my app wil hê.