Eerste dag skoon….

Eerste dag skoon van rook. Ja ek het gister niks gerook nie. So as ek vandag deur kan gaan, is dit dag twee. Ek hoop ek kan. Ek loof en prys die Here daarvaar, ek glo dit is Hy wat my die krag gee om dit te doen. Ek glo dit werklik.

En ek glo op die regte tyd sal Hy my gebed verhoor. Op die regte tyd sal ek die ander ouens oor die Demo Order App bel. Ek glo alles wat ek nou doen, is ek nie besig om te struikel nie. Ek glo dit. Inteendeel, ek glo Hy is soos ek nou hier skryf besig om my gebed te verhoor. Dit is nou die regte tyd.

Ek weet uitkoms is naby vir my wat Hom dien, Hy sal Sy reddende mag in my lewe openbaar. Die verlossing wat Hy bring gaan nou geopenbaar word. Ek loof en prys U groot Naam.

Nog iets wat ek glo: daar is geen veroordeeling vir my wat in Christus Jesus is nie.

Published by

carelkat

Is maar net ek, Carel Venter. Skryf maar net so nou en dan, en meer. Skryf maar net oor alles in my lewe. Op die stadium nie veel nie. Grootste ding in my lewe nou is my app wat ek gebou het, en nou hoop om te bemark.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *