Het vandag en môre bietjie af gevat om aan my app te werk. Ek vorder goed, maar sal vandag moet vinger trek om regtig op datum te kom. Het gister op die regte sample af gekom om vanaf te werk. Sal hom nou net convert op kaste en pallets. As hy dan werk moet ek gou die ander brands insit. Stadig maar seker bou ek confidence op met die goed. As ek net een gebou kan kry en iemand kan laat belangstel om my paar rand ‘n maand te gee om die ding vir hulle toe te pas, kan ek my werk los en die res bou.
Ek dink ek moet ‘n klein company vat soos Namaqua (ook maar groot eintlik) om die ding eerste by my te vat. Hulle gaan nie paar honderd duisend betaal vir die ding nie, maar hulle gaan my dertig of veertig duisend ‘n maand kan gee om hom vir hulle te maintain. Dan kan ek nog biejie leer, en na die groot plekke toe gaan wat hom sal koop vir ‘n ordentlike bedrag en groot per maand sal betaal om te maintain. Ja dit is die plan.
Ek prys die Here wat vir my die wysheid gegee het. Dan sal ek vroeg in September my verlof ordentlik vat en na die ou van Namaqua toe gaan in die Kaap. Ek kan ook by Geoff gaan hoor wie van die pharmaceutical companies sal ook belang stel. Een ding is verseker, dit gaan ek doen. Dit is my lewe en dit gaan ek doen. As ek eers af is kan ek baie meer tyd spandeer aan nog apps en nog beter te word met Java. Dit is my doel.
Ek gaan nog bietjie Bybel lees. Ek geniet dit baie. Kom op mooi goed af. Ja ek is nou eers klaar hier, ek wil deur die dag oor nog ‘n paar goed skryf, maar ek sal elkeen op sy eie inskrywing sit. Goed soos Anita en Sandra, en goed miskien uit die Bybel uit. Paar dinge oor werk en en so aan.