Verjaardag gekom en gegaan. Baie lekker dag gewees. Anita my toe gedrop. Sandra maak gister my dag. Dis wat ek kan sê van die laaste twee dae in my lewe. Anita drop my toe heeltemal, sms my nie eers om te laat weet sy kan nie, wou seker tyd met daai jonkie spandeer wat daar by hulle uithang. My gister prober bel en ek wou nie optel nie. Het gedog sy sou gisteraand by my omkom, maar sy het toe nie. Miskien ‘n goeie ding.
SMS toe gisteraand vir Sandra. Simpel, maar wat great was sy SMS toe dadelik terug. Wat mos ‘n goeie teken is, en meen, sy kon my net ignore het. Sal maar vandag besluit wat ek vir haar koop. Sy drink hierdie Ice Tropez goed. Dis moer baie geld vir een, wat beteken ek maar net vir haar vier koop op ‘n slag, en dis mos nou nie iets om te drink nie. Miskien, net miskien omdat dit my verjaarsdag was, vir haar ‘n bottle Skyy koop. Gaan ontrent soveel kos soos vyf blikkies.
Ek wil teen Sondag aand die order deel van die app klaar hê. Volgende week wil ek net werk aan die wegstuur deel. Dan wil ek kyk of ek nie volgende week as ek af het by Francois kan uitkom nie. Anders moet ek die week daarna die Dinsdag vroeër loop en hom dan gaan sien. Sal maar kyk.
Een ding weet ek verseker, ek moet glo. Ek moet weet dat dit my lewe is en dat dit is hoe ek die dinge gaan verander. Ek moet like…dit het klaar gebeur, dis klaar gesort, ek moet net doen.