Verjaar vandag.

Vandag is my verjaarsdag. ‘n Volle ses en veertig jaar oud. Gaan ‘n lekker dag wees. Nien Pien en Coen Poen kom deur vandag, en gaan miskien vanaand saam Anita eet. Het klaar gereël om vroeg te loop. Kom ons hoop dit werk mooi uit.

Eish, gisteraand net weer agtergekom mens moet net begin. Het net my dinge reg gekry om vanaand te begin, net bietjie gekyk wat ek moet doen, en die regte tutorial gekry om te gebruik, en ek voel soveel beter. Mens moet net begin. Was in presies dieselfde posisie gewees miskien ‘n maand of so terug, en kyk waar is ek nou. Nadat ek begin het kom ek reg.

Gaan nou bietjie ontbyt maak, en dan gaan ek my plaatjie haal by die tandarts. Gaan dan hopelik kan terug kom om die huis gou so klein bietjie meer aan die kant te kry vir Nina-hulle. Dan werk toe, pallets interk en hopelik Coke op die regte tyd.

Ek wil vandag word spreek soos min. Wil kyk of ek daai bladsy van my nie amper tot die helfe kan bring nie. Het nou die regte woorde daar, en moet dit net doen en afmerk. Sien vanoggend die Hunters Edge, wat kan beteken iets nuuts. Ek hoop so.

Published by

carelkat

Is maar net ek, Carel Venter. Skryf maar net so nou en dan, en meer. Skryf maar net oor alles in my lewe. Op die stadium nie veel nie. Grootste ding in my lewe nou is my app wat ek gebou het, en nou hoop om te bemark.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *