Ek kom vanoggend agter ek het nog presies dieselfde mindset as wat ek gehaad het toe ek net uit die skool uit is. Of toe ek net begin werk het. Daardie eerste paar jare uit na skool in Pretoria, of hier op Nylstroom. Nou kom die eerste vraag op, hoe gaan ek dit verander?Dit kom neer op my mentaliteit. Nou hoe gaan ek dit verander? Wat gaan ek doen om dit te verander? Ek sal moet soek oor hoe om dit te verander, maar daar lê die probleem. Sit nou al van Sondag af om oor te begin met die recyclerview van die app, en ek twyfel nog die hele tyd of ek dit kan doen. Ek moet net begin.
Een ding weet ek, die uitkoms is naby. As ek op die Skrif gaan, wat ek kan doen, weet ek die uitkoms is naby. Ek sal dit reg kry, ek sal voorspoedig wees in alles wat ek aanpak. Dit word my belowe. Die lig breek vir my deur soos die rooidag. Vinng.
Gister iets baie interresant gebeur. Nee nie interresant nie, maar ‘n bevestiging dat die Skrif met my praat. Maak net voor ek loop die Skrif oop, en kry daar versekering dat die stad nie sal van in die mag van die koning van Assirië nie. Hoor toe gister dat daai jonkie homself baie tuis maak daar by Anita-hulle. Nou wat hy daar soek weet ek nie, of hy net daar bly en of hy haar boyfriend is weet ek nie. Die punt is, op die dag wat ek die regte Skrif kry, kry ek die nuus.