Ek glo nie, maar ek glo.

Ek glo nie in ‘n God wat in die hemel sit en besluit dit is My wil vir Carel, en dit nie. Ek glo nie in ‘n God wat deure toemaak nie. Ek Glo in ‘n God wat lief is vir jou, en jou liefde soek, en my seën waaraan ek ook al my hand slaan. Ek het gister tot hierdie besef gekom, dit is net ‘n verkoning vir my, hierdie “dit is nie God se wil nie”. “n Verskoning vir my om op te gee. Ek glo God sal my seën waaraan ek ookal my hand slaan.

God soek ons moet in Jesus Christus glo, en sy word ter harte neem. God soek ons moet lief wees vir ons broers. God soek ons moet lief wees vir ons medemens. Ek is seker daarvan.

En toe bid ek die Here my God ‘n teken, en wat kry ek, die versie van die dag op die Bible App van my foon is dit: “….jy moet jou naaste liefhê soos jouself”. Ek is seker dit wys dat God net liefde soek. Liefde vir Hom, en liefde vir jou medemens.

Daar is niks van Sy volmaakte will vir my lewe. Sy enigste volmaakte will vir my lewe is seën en goed gaan met my. En ek moet hom net liefhê, en so ook die seun wat hy gestuur het. Dis nie sy plan dat ek moet arm wees en nog nie kinders hê op amper vyftig nie. En so ook nie die ander nie.

Daar is so baie versies wat weerspreek, maar ek is seker ek sal hom uit sort.

Published by

carelkat

Is maar net ek, Carel Venter. Skryf maar net so nou en dan, en meer. Skryf maar net oor alles in my lewe. Op die stadium nie veel nie. Grootste ding in my lewe nou is my app wat ek gebou het, en nou hoop om te bemark.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *