Weer oor begin.

Ek het gisteraand perongeluk, of miskien aspris die order app uitgevee. Ek wou terug gaan na ‘n backup toe, en toe copy ek die oorspronklike app oor die een wat ek al gebou het. Dis geen probleem nie, ek dink dit is dalk beter so, nou kan ek oor begin. Iets in my wat sê dit is die Gees, en een van daardie dinge wat ten goede meewerk vir my wat Hom liefhet. Nou kan ek oor begin, en sommer leer hoe om dit te doen. Ek dink ek het op die regte tutorial uit gekom om dit te doen. Is verseker beter so.

Een ding is verseker, ek gaan nie opgee nie. Soos ek vroeër gesê het, dit is wat ek gaan doen. Dit is my lewe, daar is geen mind change, en wonder of “dit die Here se wil is” nie. Dit is wat ek doen en hoe ek gaan geld maak, en my mense help. En dan ander mense gaan help. Net nog een dingetjie oor die onderwerp, dit gaan gou gebeur, want die lig breek vir my deur soos die rooidag, ek hetstel gou.

Moet nou gou twaalf uur ry en Xan se ma se present vir hulle te gaan gee. Die ding lê nou al hier van Desember af. So ek sal maar vandag die ding by hulle uitkry en ‘n koppie koffie drink. Ook maar net te groet. Gaan dan dorp toe en kom dan terug en bou app tot watter tyd vanaand.

Miskien doen ek ‘n tweede entry vandag, maar sovêr is dit al vir nou. So bietjie in die Bybel inklim en rustig wees met nog ‘n koppie koffie. Vandag druk ek ‘n roast in die slow cooker. Ek het gister so enetjie van honderd rand gekoop. Gaan net lekker wees, met rooiwyn gekook en dan gevlok, dan saam met bietjie uie, mushrooms en room.

Published by

carelkat

Is maar net ek, Carel Venter. Skryf maar net so nou en dan, en meer. Skryf maar net oor alles in my lewe. Op die stadium nie veel nie. Grootste ding in my lewe nou is my app wat ek gebou het, en nou hoop om te bemark.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *