Ek weeg nou 99.5kg. Ek wil 78kg weeg. Ek weet van mens moet eintlik praat van “gaan 78kg weeg”, maar op die stadium moet “wil” maar doen. Dit gee my so 21kg wat ek moet verloor. Die halwe een kom in as ek die swaar sweetpakbroek moet uittrek. Dis nou die plan: ek gaan dieet en vas tot ek 78 weeg, dat vat ek dit easy. As ek op 80 uitkom eet ek net weer reg tot ek weer op 78 is. Ek weeg my elke Vrydag en sms dit vir Desmond. Ek weeg net op Vrydae, nie elke dag nie. In die oggend eet ek worsies en eiers, en in die aand vleis en groente. Miskien gooi ek nog ‘n hele dag se vas in.
As ‘n geleentheid voorkom waar ek iets lekker kan eet, dat geniet ek myself met matigheid, en gaan dan net die volgende dag aan. Vreet nie weer vir twee weke soos ‘n mal ding nie. Soos met my verjaarsdag volgende week, en as Coenie-hulle hier is, of as ek braai by iemand.
Klaar.