Ek het net gister besluit, apps is wat ek doen. Ek bou apps. Dit is wat ek gaan doen vir ‘n lewe. Ek gaan dit nog meer leer, ek gaan hulle vir groot companies bou, en ek gaan hulle bou om te verkoop. Klaar. Ek gaan hierdie eerste een van my bou, en van hom genoeg kry om te bedank en dan gaan ek al die ander idees wat ek het ook bou. En verkoop vir baie geld.
Niks meer “maar is dit die Here se wil” nie, Hy het gesê ek kan doen wat ek wil, ek moet net goed wees. Ek gaan nie moed opgee met hierdie een nie. Ek gaan dit deur druk. Hy sê vir my dan in Job: “wat jy besluit gebeur”. Hoe kan Hy dan op ander plekke vir my sê: “jy sal voorspoedig wees in alles wat jy aanpak”. Ja dit is die die grootste andwoord. Hy sê dan vir my ek sla voorspeodig wees in alles wat ek aanpak.
Verder gaan dit goed. Verjaarsdag kom naby, en Vrydag kom die grootkoppe van SAB na my winkel toe. Ek hoop om al die app soos hy nou is aan hulle te pitch. Ek is ook amper klaar met Frans se goed, ek meen sy video clips te save en reg te maak. Dan moet ek nog net die inspekteur sien, dan is die probleem of stress ook halfpad uit die weg uit.
Gaan nou gou eiers en worsies maak, dan gaan ek aantrek en ry. Moet bietjie by Carel hoor of hy vir my data het, hy spog so hy het soveel gig. Hy kan my maar een of twee gee, dan kan ek my foon gebruik as modum en hierdie blog by die kerk skryf in lunch tyd.
Ek wonder of iemand ooit hierdie blog lees. Ek dink nog nie so nie, maar ek sien hy kom op by Google as jy search vir “Carel Venter”. So ek kan maar nog so bietjie privaat goed skryf. Nou nie dat ek ooit privaat goed skryf nie.