Net skryf op Sondag.

Net so ietsie skryf op Sondagmôre. Lekker Bybel gelees. Begin naderkom aan goed, die vraag bly nou net: hoe? Hoe glo ek na Jesus toe, of hoe glo ek vanuit Hom. Of hoe glo ek binne in Hom?Weet nie of ek dit hier moet skryf nie, maar ek het maar, dit bly die vrae. Niemand, of nog niemand lees tog hier nie, en ek kan dit altyd later afhaal.

Was nou my klere, en dan wil ek so een uur dorp toe gaan, of dalk eerder twee uur. Net bietjie rondloop, uitkom. Daar piep die wasmasjien nou, die was is nou klaar, nou moet ek gou gaan spin en dan spoel.

Wind waai baie, of nogal redelik, slaan deure toe. En waai ‘n stuk foil rond wat net nie op die kas wil bly nie. Ek gaan nou die groot rekenaar aansit en met die app begin. Het in die begin gesukkel om symbols in te sit, maak kom nou reg.

 

Published by

carelkat

Is maar net ek, Carel Venter. Skryf maar net so nou en dan, en meer. Skryf maar net oor alles in my lewe. Op die stadium nie veel nie. Grootste ding in my lewe nou is my app wat ek gebou het, en nou hoop om te bemark.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *