Soos dinge nou staan.

Vandag kom Jowi miskien na my toe, gister vir Jurie gesien, app moet ek nou met die groot nuwe ding begin, en baie geleer die week oor app bou.

Jowi kom miskien vandag na my toe, ek dink dit kan goed wees. Miskien sal ek dan meer werk as ek weet sy is hierso, nie so op die internet wees nie en puntlose dinge surf nie. Dit kan haar ook goed doen om bietjie weg te kom al is dit net vir een dag. Sal vanaand net broodjies maak en Sondag vir middagete die vark choppie ding doen.

Gister vir Jurie Benade gesien. Was baie lekker. My goed gedoen. Net weer gesien hoekom hou ek van die ou en is dit nog altyd my beste vriend. Sien uit daarna om hom in September te sien.

Gaan nou werk toe, sal more aand as ek klaar vir Jowi terug gevat het aangaan.

Published by

carelkat

Is maar net ek, Carel Venter. Skryf maar net so nou en dan, en meer. Skryf maar net oor alles in my lewe. Op die stadium nie veel nie. Grootste ding in my lewe nou is my app wat ek gebou het, en nou hoop om te bemark.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *