Ek moet plek maak vir die volgende paar dinge in my lewe. Dit is nou vir my belangrik. Ek moet my dag so uitsorteer dat ek dit kan doen. Ek wil Bybel lees, oefen, op hierdie blog skryf, en aan my apps werk. Dis nou na ek heeldag by Tops was. Dan is daar nog die basics ook, soos kos maak, klere was, bad en so.
Kom ons kyk eers na tyd wat ek het, ek het twee ure in die oggend as ek ses uur opstaan, ek het ‘n uur lunch, en ek het vier ure in die aand as ek twaalf uur gaan slaap. Drie ure as ek elf uur gaan slaap en sewe ure slaap soek.
In die oggend kan ek ‘n uur Bybel lees en stil wees, en half uur vir ontbyt maak. Kan dan ook so paar minute gebruik om blog te skryf. Dan het ek die uur lunch. Kan vir my data op my foon laai en by die kerk ook blog. Weet nie hoekom slaap ek dit so om nie. Is tog nie moeg as ek nie lunch kry nie, maar die oomblik wat ek lunch kry wil ek in die kar gaan slaap. Dan kan ek die 30 min op die treadmill in die oggend doen in pleks van die blog skryf.
Van die blog skryf gepraat, wat moet ek skryf, op die stadium skryf ek maar net enige iets want ek weet niemand lees dit nie. Maar ek moet ‘n tema of iets begin kry. Maar meer daaroor later.
Maak ne saak wat ek hier skryf nie, ek moet dit doen. En die rede wat ek dit nie doen nie is omdat ek bang is vir verandering. Meer hieroor ook later.