Goed nou is ek op my klein laptop en kan ek makliker skyf. Ek glo ek gaan dit meer gereeld doen. Net so bietjie iets skryf so nou en dan. Paar mooi dinge het gebeur die laaste week of so. Was toe laas naweek saam SAB Durban toe vir die rugby. Baie mooi en lekker. Durban glad nie so bad plek nie. Lekker weer en mooi vrouens.
Net voor ons terug vlieg praat ek toe met Ndu oor die app wat ek will skryf. Nou waaroor die app gaan is dit. Om te order by SAB is nogal iets. Jy moet die call centre bel en dit is moeilik. Jy hoor hulle nie, en jy hou partymaal lank aan. Nou ek wil ‘n Andoid app bou wat jou order as ‘n email stuur na hulle toe. So as ek die app gebou kan kry en kan inkom by hulle sal ek bly wees. kom ons kyk.