Weer vroeg opgestaan.

Het darem weer vroeg opgestaan. Eerste keer in ‘n rukkie, hoop maar ek kan dit elke keer doen. Nog ‘n paar dae doen. Ek kry nog ‘n bietjie koud, so ek sal maar bietjie warmer moet aantrek. Maar at least is ek op vanoggend. Nou net moed begin bymekaar maak om te begin Bybel lees.

Wonder miskien hoekom wil ek moed bymekaar skraap om Bybel te lees, wel, ek lees anders en glo anders, en ek wag so soort van ‘n teken om dit wat ek glo te bevestig. En ek doen nie veel om die teken te kry nie, ek oefen nie veel dit wat lees nie. Sal moet begin.

Verder gaan dit goed. Eintlik baie goed. Moet net bietjie aan die gang kom met ‘n paar ander dinge, dan is ek oraait. En ‘n paar klein dingetjies doen. Soos ‘n foto vat my lessenaar, en dit hier opsit en wys waar dit alles begin het.

My planne vir die apps kom nou mooi reg. Ek kry my idees en ek hoop ek kan hulle bou. Is seker ek kan. Ek weet ek gaan idee kry van wat nog om te doen.

Published by

carelkat

Is maar net ek, Carel Venter. Skryf maar net so nou en dan, en meer. Skryf maar net oor alles in my lewe. Op die stadium nie veel nie. Grootste ding in my lewe nou is my app wat ek gebou het, en nou hoop om te bemark.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *