Maandag

Baie lekker naweek gehaad. Baie lekker. Gister, dis nou Sondag was baie lekker. Die dag is net so kort. Wens dit kan langer wees. Maar darem baie reg gekry. Gaan nou elke Sondag braai. Weber of gewoon. Dalk nog begin potjies maak ook. Dalk volgende Sondag.

Kort nog net paar goedjies dan is ek geset vir die maand. Dan gaan ek kyk of ek net op R100 per week kan leef. Net ‘n bietjie van ‘n challenge.  Ek is seker ek kan. Weet nie hoekom nie, wil dit nou maar net doen.

Ek sal my gat in rat moet kry en daai ander laptop regkry. Hy lê net in my sak. Kan hom baie beter gebruik. Iets kom nou by my op soos ek skryf. Sal môre meer daaroor sê.

Published by

carelkat

Is maar net ek, Carel Venter. Skryf maar net so nou en dan, en meer. Skryf maar net oor alles in my lewe. Op die stadium nie veel nie. Grootste ding in my lewe nou is my app wat ek gebou het, en nou hoop om te bemark.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *