Ek weet nie wat het ek gedink deur vir Anelle te gaan sê hier is plek oop in die blok nie. Wat het deur my kop gegaan. Ek moet leer om stil te bly, of eerder ‘n wag voor my mond te sit. Die laaste ding wat ek soek is iemand so naby aan my werk soos Tienie net langs my. Nie dat dit Tienie is nie, maar Tienie is naby Anelle en Anelle werk saam met my. Nee ek het dit nie nodig nie. Die mense van my werk moet die mense van my werk bly, mense baie naby hulle moet nie nog my bure word nie.
Nou moet ek dink hoe gaan ek die probleem oplos? Gaan ek jok en sê die plek is klaar gevat? Ek dink ek gaan begin deur die proses te vertraag, lank vat deur die nommer te gee, of “met die oom te praat”. Dan kan ek as hulle aanhou neul sê nee die plekke is verkoop of klaar uit gehuur. Tienie is anyway groot genoeg om sy eie plek te soek, miskien net te lui om te ry en plek te gaan soek, alles op ‘n skinkbord weer vir hom aangedra word soos lyk my almal dit altyd doen.
Verder was dit ‘n baie lekker naweek. Was weer by Carel gewees, en gister terug gekom. Lekker gewees soos ek gesê het.
In watse vorm gaan die openbaring kom? Ek weet nie, dit hoort iets nuuts te wees, want ek bid mos ook daarvoor, of ek spreek woord uit vir dit. Sal maar sien. Ek weet ek vorder mooi met die Android goed. Hoort teen die einde van die week klaar te wees. Of ek wil Sondag aand klaar wees, of nog een begin of ek wil werk aan my eerste app.
Jowi wil weer die winkel oop maak, en ek wil nie. Ek is net nie lus daarvoor nie. Die plek kos my geld, dit maak my stress en ek is nie lus om elke Sondag deur te ry nie, ek gaan nie. Ek gaan mooi vir haar sê ek het bedoel sy doen dit self. Net oor naweke om so bietjie sakgeld te maak. Ek gaan nie. Sy het my genoeg besteel. Of so dink ek.
Daai lawaai gat van Anita was weer in die dorp. So nou is ek die laaste persoon op haar gedagtes. Sy sal wel weer terug kom, so in die middel van my maand, aan die einde van haar maand. Dan sal sy my weer ken. Maar wat gaan ek dan doen, dis die vraag. Kom ons kyk eers of sy my delete as contact. Dink ek moet my mind reg kry en haar haar ry laat kry.
Ek dink nou aan ander dinge, en een ding weet ek verseker, ek sal moet begin dink voor ek doen of sê. Buiten die oop plekke in die blok storie, ander dinge ook, ook as dit kom by vrouens optel. Dis net so dan is jy gehook. Los die goed uit. Voor jy jou kry is dit airtime en data elke keer. Weet nie wat de donner is dit met die goed en data en airtime nie. Dink voor jy nommers vat.