Net ‘n paar goed. Ek hoop om vandag so bietjie in lunch deur my goed te gaan, dis nou die eerste paar tutorials net weer te kyk tot waar ek nou is. Oom Harry kom nie meer so baie help met lunch nie, so ek sal nou sommer net lunch agter in die winkel vat. Sê nie hoe lank nie ?.
Kom nou vanoggend agter ek het op die stadium van my lewe sewe ure nodig om lekker wakker te word. Dit beteken ek moet elf uur gaan slaap om ses uur lekker op te kan staan. As ek fikser word sal ek nog vroeër kan opstaan, soos half ses. Dan moet ek begin om half agt te ry sodat ek agt uur by die werk kan wees.
Ek wil net stop en die groot Here van die hemel en die aarde loof. Ek wil U net prys en lofgesange vir U sing en sommer skryf ook. Ek glo in U, ek glo in Jesus Christus en ek glo in die Heilige Gees. Ek glo nie die kerk opset van vandag nie, inteendeel ek wil so vêr gaan om te sê ek glo nie in die kerk opset nie. Ek glo nie dit is waarvoor Jesus gekruisig is nie, om ‘n kerk daar te stel nie, ek glo vas daar is iets anders en, ek is seker ek sal dit kry.