Ek het bedank vandag.

Nou moet shit begin gebeur. Ek sit nou sonder werk. Ek het bedank, of is gevra om te bedank. Nou moet ek dinge doen. Ek het God gevra en gevra om in te gryp, nou het Hy dit vir my gedoen. God is groot!!!

So ek het een maand om te dink oor hoe om met twee honderd en twintig duisend geld te maak. Vyftig duisend om presies te wees.

Alles werk ten goede mee vir my wat God lief het. Ek weet nog steeds nie of daai een of twee woorde is nie. Ek weet daar is ‘n een woord – liefhet – en ‘n twee woord – lief het- watter een weet ek nie. Maar ek weet, dat alles werk ten goede mee vir my wat God lief het.

Published by

carelkat

Is maar net ek, Carel Venter. Skryf maar net so nou en dan, en meer. Skryf maar net oor alles in my lewe. Op die stadium nie veel nie. Grootste ding in my lewe nou is my app wat ek gebou het, en nou hoop om te bemark.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *