Waar was ek laas?

Ek dink ek wou begin vertel het oor Puseletso. Dis nou ‘n spesiale een daar by die winkel. Eish ek hoop dis nou die laaste. Ek dink ook nie daar is veel meer oor nie. Maar ek dink van almal wil ek haar baie graag hê. Baie baie graag.

Maar ek sal haar heeltemal anders moet hanteer. Al die ander het nie gewerk nie, want ek dink ek het almal op dieselfde manier gedoen. Met haar gaan ek reguit praat. Straight vir haar sê ek soek haar. As sy net vir my stout wees will gee, ook goed, as sy iets wil begin, nog beter. Ek sal enige iets doen. In ruil daarvoor sal ek mooi na haar kyk.

Dis wat betref Puseletso. Die ander een wat naby my hart is, is nog steeds Lucy, en dan is daar natuurlik Johannah Phuti. Maar ek dink soos my gedagtes nou staan sal ek Puseletso vat.

Published by

carelkat

Is maar net ek, Carel Venter. Skryf maar net so nou en dan, en meer. Skryf maar net oor alles in my lewe. Op die stadium nie veel nie. Grootste ding in my lewe nou is my app wat ek gebou het, en nou hoop om te bemark.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *