Sal gou moet begin.

Ek sal baie gou moet begin. Wil nie aan die kerm gaan oor hoe tyd loop nie. Of eerder oor hoe tyd vlieg nie. So laat ek nie begin nie. Die Here is goed. Uit elke benoudheid het Hy my gered, my aan die dood laat ontkom.

En ek glo dat Hy gou gaan ingryp en my plan gaan gee. Ek kan nie so aangaan nie. Ek bly letterlik in ‘n kamer. Ek is al oor die vyftig en ek bly in ‘n kamer, want dis waarin al my goed is, net in ‘n kamer. En bietjie in die sitkamer. Dit is die gedagte wat die ander dag by my opgekom het. Ek is amper drie en vyftig en ek bly in ‘n kamer.

Published by

carelkat

Is maar net ek, Carel Venter. Skryf maar net so nou en dan, en meer. Skryf maar net oor alles in my lewe. Op die stadium nie veel nie. Grootste ding in my lewe nou is my app wat ek gebou het, en nou hoop om te bemark.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *