Xan verjaar.

Vandag is my goeie, of eerder beste vriend se verjaarsdag. Ek hoop jy verjaar lekker ou Xan en daar is nog baie. Op dieselfde dag as die Kerkstraat bom. Dit was ‘n bad een daai.

Ek onthou so bietjie van daai ding. Het verseker daardie aand nuus gekyk. Klomp moerskonte wat die wêreld as freedom fighters gesien het. Vir ons was dit net ‘n klomp terroriste, en nou jaag hulle net kak aan met ons land. Steel elke fokken sent wat hulle hule hande op kan kry.

Nou het hulle nog gegaan en die NHI of NGV gaan teken. Die fokkers kan nie eers F.H. Odendaal Hospitaal op Nylstroom run nie, wat de fok nog so ‘n moerse ding. Kyk in watse gemors is elke liewe staatshospitaal.

Ons hoop maar die klomp kry minder as 50% van die stemme. Nog beter sal wees minder as 40%, dan is hulle half in hulle moere in. Ons kan maar net bid.

Ek werk nou agter by receiving. Die lekker is die vroeg loop, maar die sewe uur begin is bietjie van ‘n probleem. Ek kry nie so lekker my oggend goed gedoen nie. Sal moet besluit wat ek daar wil doen. Die ander opsie is om die bakkery oor te vat.

Maar die regte ding bly om my eie ding te doen. Kom die fok weg by daai SPAR. Begin jou bottelstoor en verkoop jou app. Begin net weer glo. Begin net weer woord spreek. En dan is daar nog die slaghuis ook. En Johannah Phuti ook. Maak peace met haar. Kyk of sy my weer ‘n kans sal gee.

Kom ons kyk maar. Gaan nou slaap en môre weer skryf. Dit is my doel, om nou elke aand te skryf tot die einde van Mei. Nog baie om te sê, veral oor die dames. Tebogo vir ‘n start en dan Sylvia en natuurlik Johannah. Kom ons praat maar weer môre aand.

Published by

carelkat

Is maar net ek, Carel Venter. Skryf maar net so nou en dan, en meer. Skryf maar net oor alles in my lewe. Op die stadium nie veel nie. Grootste ding in my lewe nou is my app wat ek gebou het, en nou hoop om te bemark.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *