Baie gebeur. Doen niks. Wonder.

Waar begin ek? Dat die sny weer mooi toe is en ek hoop dat hy toe bly? Dat die klein Ducky keyboard bly die beste? Dat ek baie begin wonder oor Lettah Poto? Dat ek nog niks gedoen het die jaar nie?

Ek dink by die laaste een. Ek sal iets moet doen en vinnig ook. My fok dit kan nie so aangaan nie. Ek dink nou al vir ‘n paar keer. Imagine as ek al die energie wat ek op daai een spandeer om visioene te sien, te kan spandeer op om visioene te sien van wat om te doen. Ek is seker ek sal die skatte sien wat in die donker weggesteek is. Ek meen, as ek kan sien wat daai een dink en wat sy gaan doen, dan kan ek ander dinge ook sien. Maar hoekom sien ek nie?

Want jy spandeer nie soveel Woord daaraan nie. Dink net wat kan die Gees aan my openbaar as ek al daai tyd aan ander openbarings spandeer. Want die Gees leef verseker. Hy openbaar aan my goed. Dis ook verseker. Ek sien dinge wat gebeur en ek sien dinge wat mense (in die geval Johannah Phuti) dink. Ek sien goed!!

Published by

carelkat

Is maar net ek, Carel Venter. Skryf maar net so nou en dan, en meer. Skryf maar net oor alles in my lewe. Op die stadium nie veel nie. Grootste ding in my lewe nou is my app wat ek gebou het, en nou hoop om te bemark.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *