Gewig. Vas.

Ek het die hele week vasgesit op 81kg. Het gister ‘n zero kilojoule vas gehaad en een hele kilogram verloor. So dit lyk dis die pad vorentoe. En dit was nie so hard gewees nie. Net in die môre mis ek bietjie my koffie.

So van nou af eet ek mooi op Maandag, Woensdag en Vrydag, en ek vas Dinsdag, Donderdag en Saterdag. Of ten minste volgende week. Ek hoop net ek kan vasbyt op dae wat ek eers elf uur begin werk. Ek sal dit maar doen met sparling water.

Hierdie week gaan ek nou Donderdag en Saterdag vas. Dis dan nou môre. Ek hoop om môre so bietjie vroeër te ry en te gaan foto’s neem van die site waar ek die bottelstoor wil begin. Gaan my kamera vat dat dit so bietjie professioneel lyk en ek kan sê Jaco het my gestuur.

Published by

carelkat

Is maar net ek, Carel Venter. Skryf maar net so nou en dan, en meer. Skryf maar net oor alles in my lewe. Op die stadium nie veel nie. Grootste ding in my lewe nou is my app wat ek gebou het, en nou hoop om te bemark.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *