Goed hier is die dinge sovêr. Veral oor die gewig en Johannah Phuti. Miskien bietjie Lucy ook bygooi. Dit is maar die twee of drie wat ek nou moet oplos. Die res sal baie vinnig volg as die dinge opgelos is.
Kom ons begin by die gewig. Ek dink ek sal my datum moet aanpas na 16 April toe, dit is ook die datum wat ek die dokter moet gaan sien. Dit is nou die internis. Dan is hierdie hele ding hopelik verby. Ek glo so. Dit is ook meer as ‘n maand na die laaste hospitaal sessie. Dit beteken die wond was vir ‘n maand toe en geen bakterieë was binne wat hom kon laat opgaan nie. Onthou laas het hy na ‘n maand eers oopgegaan.
By die gewig. Daar is seker niks mee fout om bietjie die doelpale te verskuif nie. Dis nie asof ek opgee nie. So ek dink ek maak die doel om teen 3 April onder 80kg te weeg, en teen 16 April om 75kg te wees. Maar die vroeg slapery met die pille kan nie later as 16 April aangaan nie. Dan moet ek van die goed afklim en normaal begin slaap. Ook later moet gaan slaap sonder om te peusel.
Ek verloor stadiger gewig as wat ek gehoop het, en ek tel makliker kilojoules op as wat ek gedink het. Ek dink net my koffie sessie in die oggend kan ‘n goeie duisend wees. Maar die grootste probleem bly nog die laat eet. En partymaal het ek my ooreet, al is dit get een keer eet. Soos ‘n hele boks vis. Not good. Ek dink die carbs is ook nie goed nie. Nie dat ek baie swiets eet nie, of geëet het nie.
Ek vra myself al meer die paar dae, wat de fok vang jy aan met Johannah Phuti. Los daai ding. Enige normale ou sou. Sy maak ‘n poes van my. Sy mors net jou tyd en jy kan baie baie beter doen as dit. Kry haar uit jou kop uit. Fok haar. Jy het meer as genoeg gedoen en sy wil net rond fok. Los haar. Even al is sy die hele dag om jou, kry haar uit jou kop uit. Hou vir ‘n start op om vir haar te kyk. Praat met haar as dit nodig is, anders los jy haar uit.
As iets nou moet gebeur met haar, dan moet dit 100% van haar kant af kom. En dit is nie net van ogies maak en kom gesels nie. Dit is my uitvra of my nooi vir ete. En fok vir Rosemary ook. Jy vra haar niks of vertel haar niks van jou dinge nie. Maar kom ons kyk of dit gebeur.
Lucy knip jy net mooi af. Klaar. As sy weer vir jou geld vra, dan laat jy haar mooi weet sy hanteer jou soos ‘n spaarbussie. En laat haar mooi weet dit gaan nie werk nie. Kry jou feite mooi agter mekaar oor hoe lank laas die laaste date was, en vertel haar dit kan nie so werk nie. Jy stel in elk geval nie belang daar nie.