Miskien nuwe manier.

Hierdie is nou op die laptop in die kamer. Die een met net die Bybel goed op. En dit is ook nou vroeg in die oggend, so ek kyk net gou hoe werk dit.

So hierdie is net ‘n toets, niks anders nie. Ek wou amper daai snaakse ding skryf van nie ‘n bloed toets, nie ‘n wiskunde toets nie, maar net ‘n toets. Ek het toe daar teen besluit, weet nie hoekom nie.

So ek begin nou amper altyd elf uur in die oggend, behalwe op Saterdae en Sondae. Saterdag is nog steeds nege uur en Sondag is tien uur. Ek hou daarvan. Ek spreek baie Woord uit om die oorwinning te behaal oor daai klomp clowns, en dat hulle hulle met hulle eie slinkse planne vang. Hierdie val dit my by ‘n dag of twee terug is een van daai maniere.

Sien, as ek eers elf uur daar aankom, is baie van die werk al gedoen. En ek is skaars daar of die mense gaan al op lunch. En as ek twee uur lunch vat, as ek terug kom is knopkop meeste van die tyd al weg, en slim Piet loop net na sy pa. Dan is dit net madam wat daar rondloop en slang wat bly tot vyf uur.

Published by

carelkat

Is maar net ek, Carel Venter. Skryf maar net so nou en dan, en meer. Skryf maar net oor alles in my lewe. Op die stadium nie veel nie. Grootste ding in my lewe nou is my app wat ek gebou het, en nou hoop om te bemark.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *