Vanaand is die proef lopie

So wat gaan ek doen. Net vinnig. Ek gaan agt uur die eerste een sluk, dan nege uur die tweede een, en dan half tien drink ek die groen menere. Alles om tien uur aan die slaap te wees en nie te wil peusel nie.

Soos nou, ek is glad nie honger nie, maar ek gaan maak ‘n pakkie samoosas oop. Vir abusolut geen rede nie. Miskien omdat ek vervelig is, ek is nie seker nie. Maar met die plan gaan dit stop. Ek gaan net so voor nege eet, en dan teen half tien is ek in die bed met die boek.

Maak die week of klaar met die hoender wat ek by Woolies gekoop het, of ek val weg met ‘n blik sop. Ek dink ek gaan die hoender klaar maak sodat ek die proteïene kan kry om gesond te word. Dit is wat nou nodig is vir die wond.

Daai ï was ‘n eerste vir my gewees. Ek sou hom anyway moes gesoek het. Dog net ek sê. Die ander vier ken ek al uit my kop uit, of redelik.

So ek het die eerste een gesluk, en wag nou vir nege uur om die tweede een te sluk.

Dit is nou net so voor nege en ek voel hom, is nie seker of ek die tweede moet doen nie. Of dalk moet ek die groen pille los. Ek dink ek gaan die tweede een nog steeds drink, dan kyk ek eerder hoe ek voel tien uur voor ek die groen goed vat.

Maar dat ek vir die volgende twee weke tien uur aan die slaap gaan wees is verseker. So ek dink ek moet my laaste hot chocolate vir my gaan maak in ‘n lang tyd. Nou net klaar gemaak. Gaan al amper inklim en begin boek lees.

Voel ek kan die groenes drink, maar laat kans gee tot half tien toe. Dis nou nog so tien minute. Maar soos ek nou voel dink ek ek moet.

Goed nou gaan ek slaap en ek dink ek gaan die groenes drink. Sal môre terugvoer gee oor hoe vinning ek aan die slaap geraak het; of ek ooit maklik aan die slaap geraak het. Gaan ook vertel of ek maklik opgestaan het, en hoe ek gevoel het toe ek opgestaan het.

Published by

carelkat

Is maar net ek, Carel Venter. Skryf maar net so nou en dan, en meer. Skryf maar net oor alles in my lewe. Op die stadium nie veel nie. Grootste ding in my lewe nou is my app wat ek gebou het, en nou hoop om te bemark.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *