Gewig.

Dis nou vir die volgende twee weke prioriteit nommer een. Slaap vroeg, eet niks by die werk nie en kyk jou kilojoules. Hou jou dieet soort van low carb. Jou doelwit is om onder 75kg in te kom.

So jy wil so gou as moontlik 74kg weeg. Dit beteken dis ‘n mooi drop van tien kilogram, Dit gaan nie so moeilik wees nie want jy was amper daar in die hospitaal. Jy het toe jy daar uitkom net nog nodig gehaad om vyf kilogram te drop.

As jy klaar is met jou doelwit, dan gaan jy oor na jou tweede doel toe. Dit is dan die app en die website. Die Bybel leer doen jy net in die oggend. Wat ek ook gaan doen is om aan te bied om elke aand laat te werk. Of as jy vroeg moet loop, doen jy dit nie, jy bly tot sewe uur daar. Maar probeer om elke dag elf uur te begin, of soveel moontlik dae.

Sien hoekom moet jy vroeg slaap? Kyk nou hoe lus is ek vir daardie hoender in die yskas. Waar as ek nou geslaap het, was dit nie eers ‘n probleem gewees nie, so jy is van nou af tien uur in die bed.

So as jy agt uur die aand by die huis kom, dan gee dit jou net twee ure om iets te doen voor jy in die bed klim. Later kan jy dit skuif na twaalf uur toe. Dan as jy sewe uur opstaan het jy ‘n goeie sewe ure geslaap.

Ek maak dit my eerste en belangrikste doel. Ek gaan dit elke dag op ‘n stuk papier skryf en miskien hier op kom blog wat ek geĆ«et het vandag. Jou kilogramme neer skryf. Dit is jou doel, jy wil onder 75 kilogram wees so hou jy kan.

So as ek my doel maak om teen 2 April dit te kan reg kry, gee dit my drie weke of een en twintig dae om dit reg te kry. Dit meen ek moet 500g per dag verloor. Dit is nie onmoontlik nie. En as ek een drie dag vas daar ingooi, maklik nog meer.

Published by

carelkat

Is maar net ek, Carel Venter. Skryf maar net so nou en dan, en meer. Skryf maar net oor alles in my lewe. Op die stadium nie veel nie. Grootste ding in my lewe nou is my app wat ek gebou het, en nou hoop om te bemark.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *