Terug van die hospitaal.

Ja ek was weer in die hospitaal gewees. Vir vyf miskien ses dae. Laas Donderdag ingegaan en vanoggend uit gekom. Dit alles om ‘n drip te kry. Baie sterk antibiotika, twee soorte. Daar het ‘n bakterie in my sny ingekom….êrens. Miskien nog baterieë, ek weet nie.

So twee weke terug het ek die oggend opgestaan en agtergekom my hemp is nat. Dit was op ‘n Woensdag. Toe ek begin voel en kyk en hom druk kom daar bietjie vuil bloed uit, en verder net water. Gelukkig het die dokter weer die Donderdag Warmbad toe gekom.

Hy stuur my toe na ‘n suster toe in Pretoria. Sy doen net wonde. Sy sit toe die een of ander pompie (of wat ook al) op om die wond droog te druk of leeg te suig. Ek loop toe paar dae met die ding rond. Dinsdag bel hy (die dokter) my en sê vir my dat die bakterie wat hulle gekry het, kan nie met pille behandel word nie, ek sal moet hospitaal toe gaan vir ‘n drip. Hulle wag vir die eerste oop bed.

Donderdag bel sy kantoordame toe, so net voor vier uur en ek vat die pad. Ek het al die Woesdag my tas gepak en alles loop mooi. Ek was voor vyf daar en hulle gee my toe my eerste shot die Donderdag aand.

Ja so lê ek toe die vyf dae in die hospitaal, makeer nie regtig iets, kry net die drip twee keer per dag. Loop baie rond en spandeer te veel geld by die kafeteria onder by die ingang. Soveel so dat ek naderhand my kaart vir Nina gee.

Vanoggend kom ek uit en kry toe hopelik die laaste pleister by die suster. Ek weerhou maar van name noem. Sal net Sondag die ding aftrek en vir haar ‘n foto stuur. Ek hoop regtig dit is dan klaar en hoef ek nie haar Dinsdag te gaan sien nie.

Dan is die laaste afspraak in April by die internis, en dan is hierdie hele episode agter my. Die saterdag moet ek net gaan bloed trek. Ek sal nie daai een vergeet nie.

Published by

carelkat

Is maar net ek, Carel Venter. Skryf maar net so nou en dan, en meer. Skryf maar net oor alles in my lewe. Op die stadium nie veel nie. Grootste ding in my lewe nou is my app wat ek gebou het, en nou hoop om te bemark.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *