So die groot dag verby.

Ja die groot dag het gekom en gegaan, en ek gaan al amper terug werk toe. Maandag om presies te wees. Miskien Sondag om stock take te doen, maar ek sal nog sien. Ek moet besluit wat gaan die beste vir my wees.

Moet ek net weg bly tot Maandag en sien hoe kom die klomp geniuses reg met die ding, of moet ek bietjie wys ek gee om en daar opdaag? Een ding is verseker, sovêr weet ek hulle het te min mense. As ek gaan opdaag gaan dit die spanning minder maak vir Maandag, want ek gaan ‘n uit kak kry oor die Hennessey. Dit weet ek.

Ek moet in elk geval vir Wiehahn bel en vir hom vra oor my tye van volgende week. Ek wil hom mooi vra om my so bietjie later te laat inkom vir die eertse week. Miskien ‘n 11:00 tot 19:00 skof te laat werk. Ek sal maar hoor.

Ek gaan eerder later iets op sy eie skryf oor die operasie en die dae in die hospitaal. Daardie is ‘n lang storie maar iets wat ek moet opsit. baie geleer daar. God se Woord moet gespreek word. Maar die vraag bly, hoekom word sommige van sy Woord waar oor my lewe, en ek gaan nou die vers soek, maar ander nie.

Moes nou gou die vers Google. Dit is Psalm 91:3 “Dit is Hy wat my hou uit die voëlvanger se wip en Hy bewaar vir my teen die dodelike siekte.”

Daardie vers het al so baie keer waar geword in my lewe, dankie daarvoor Here!!

Gaan môre aand aan.

Published by

carelkat

Is maar net ek, Carel Venter. Skryf maar net so nou en dan, en meer. Skryf maar net oor alles in my lewe. Op die stadium nie veel nie. Grootste ding in my lewe nou is my app wat ek gebou het, en nou hoop om te bemark.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *