Dinge is seker mooi, dit kan beter. Die vroue dinge loop mooi. Al twee van hulle. Bietjie onseker oor die een so nou en dan. Eintlik maar altwee. maar ek sal dit uit sort. Dink ek gaan maar net deur ‘n oordink sessie. Dit sal ook reg kom.
Ek sal net moet begin Woord spreek. Dit is al hoe ek aan die gang gaan kom. Dit is die enigste manier wat ek sien hoe ‘n wonderwerk gaan gebeur. Of hoe ek ‘n wonderwerk gaan laat gebeur, as ek dit so kan stel. Net ek weet waarvan ek daar praat.
Ek het net die kleinste dingetjie nodig om net aan die gang te kom. Daardie skierlik, in ‘n oogwink sal die Here die Almagtige Hom oor my ontferm. Om daardie skatte te kry wat in die donkerte gebêre word. Ek sal net moet in die oggend opstaan en deur die versies gaan, stilte tyd doen. Die foon afsit, of at least die data.
Kyk net een dag wat gebeur. Kyk sommer môre wat gebeur, of jy sommer op die Vrydag iets voel, of ‘n verslik sien. Ek moet net een dag sommer tien keer deur al die versies hardloop. En sommer tien keer met jou papier by die werk ook doen. Doen dit net, dis al wat jou kop gaan verander.