Munna maar jy is altyd besig met die app. En dis waar. dis die hele tyd die app, maar niks kom nooit daarvan nie, en nou is die tyd dat ek dit moet verander. Dis wat iemand die ander dag vir my sê. Ek maak net nie klaar nie, en ek moet aangaan, ek moet die ding begin bemark.
En ek het die idee, ek weet hoe, ek kan twintig duisend per plek maak maklik. Ek moet net aan die gang kom. Om nie eers te praat met die brands nie, KWV en Distell en so aan. Ek het alles om dit te kan doen. Ek moet my twyfel in die sal steek, my Woord spreek en aan die gang kom.
Want as ek nie nou plan maak nie, en dit is Mei, gaan ek vir die res van die jaar vir daai kont werk, en dit wil ek nie, verseker nie. Wat ‘n ou doos. Jy kan net nie met die ou gepraat kry nie, en hy spyker my met my pay nou vir te lank. As hy net vir my wil luister. Maar nou.
Nog iets vir die maand, ek is op suspension to Dinsdag. So ek het môre ook om die app reg te kry. Nog ‘n rede wat ek praat soos ek gepraat het bo. Dit het Woensdag gebeur, so hy looi my met twintig ure se public holiday oortyd. Maar sy gat, ek gaan dit terug kry. Ek sal.
Dan is daar Lucy. Lucy Nthabiseng. Dis my gal. My girl. Ek is net crazy oor haar. Ons het nou soos ek skryf bietjie probleme, maar ek gaan dit uitsort. Sy is beautiful. Bietjie aan die vet kant, nogal donker, mooi gesig, groot borste, net perfek. Ek gaan nie opgee met haar nie.
En dis hoekom die app so belangrik is, ek gaan nie vir Lucy kan sorg nie, nie met die salaris wat daai drol my betaal nie. Dis hoekom die slaghuis ook gaan werk. Ek hoop nou net ek kry die lening. En dis hoekom Derick hier is. Hy gaan dit vir my doen. Ek hoop ek kry daai lening.