Baie dinge. Kom ek begin.

Waarmee gaan ek begin, met ek wat so naby is met die app maar tog so vêr? Met Lucy en Petunia? Die klomp by die werk? Die gesondheid? Daar is nog baie meer. Ek sal maar so vanaand skryf soos ek lus is. Eers lekker eet.

Die app is baie vêr, in fact hy is amper klaar. Ek moet nou nog net mense gaan sien. En ek het die trick hoe om dit te doen. Sien as ek byvoorbeeld die een gaan sien, haal ek sy logo en kleure af, en maak dit generic. Dan sê ek vir hom kyk die ander doen dit klaar. So ek gaan eintlik maak asof ek reeds met die nader besigheid doen. As ek dan net eers die eerste twee of drie so kan kry is ek reg. Klink deurmekaar, maar ek is seker dit sal werk. Sal ander dag meer daaroor sê.

Dan is daar natuurlik die vrouens. Deesdae is dit maar tussen die twee. Maar die eintlike een is Lucy. Maar meer daaroor vroeg volgende maand.

Published by

carelkat

Is maar net ek, Carel Venter. Skryf maar net so nou en dan, en meer. Skryf maar net oor alles in my lewe. Op die stadium nie veel nie. Grootste ding in my lewe nou is my app wat ek gebou het, en nou hoop om te bemark.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *