Ek kom baie naby daaraan om load shedding bestand te raak. Nou nie ‘n moerse system met sonpanele nie, maar darem ‘n inverter wat my groot rekenaar, twee skerms, my speaker en ‘n lampie kan trek. Ek sien hy kan nog baie meer terk, of ek dink so as ek die “load” wat hy op die display wys, reg verstaan.
Het ‘n 105ah deep cycle battery gekoppel, en daar gaan ek. Gaan hom vanaand aan los om die battery mooi te laai, dan kyk ek met môre aand se load shedding hoe vêr kom ek. Prys die Here is in orde. Ek glo so.
Die fan lawaai bietjie, maar ek dink ek sal dit gewoond raak. Sal vanaand bietjie kyk as ek movie speel hoe baie dit my pla. Anders maak ek plan om hom weg te skuif.